As die lewensstorme woedend om jou slaan, en jy gans ontmoedig vrees om te vergaan - tel jou seëninge tel hul een vir een, en jy sal verbaas wees oor wat God verleen! Tel jou seëninge, tel hul een vir een, Seëninge jou deur God geskenk! Tel hul almal, kyk wat God verleen, En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk! As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn. As die kruis te swaar word en jou krag te klein. tel jou seëninge, dan vlug twyfel heen, en jy sien Gods Goedheid laat jou nooit alleen! As jy let op ander met hul goud en eer, dink dan God beloof jou nog oneindig meer; tel jou seëninge, weet dat prag en praal. nooit die minste van die hemel kan behaal. Laat dan al die stryd, die kruis, die bange nood jou tog nie ontmoedig, Gods trou is so groot; tel jou seëninge, engele staan jou by, bied jou hulp en leiding na die ander sy! Mel : Edwin Othello Excell 1897 [BLESSINGS] (Excell) Text: Johnson Oatman Jr 1897 "Count Your Many Blessings" Afrikaans: "As die lewensstorme woedend om jou slaan" HL 245 Web : http://www.liederschatz.net